MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit het bevestig dat die monding van die Hartenbosrivier spoedig oopgemaak sal word nadat die nodige toestemming van die relevante departemente vir die proses bekom is.
Dit volg op toenemende kommer deur oewerbewoners en veral lede van die Hartenbosrivier Forum oor die stygende watervlakke van die rivier, veral in ag genome die heersende weersomstandighede.
Water stroom deur die stormwaterstelsel in die rivier, wat verder die watervlakke laat toeneem.
Kommer is uitgespreek oor bruin slik wat in die rivier voorkom, hoewel aanduidings is dat dit toe te skryf kan word aan algegroei.
Na wat verneem word, monitor die Eden Distriksmunisipaliteit en die Mosselbaai-munisipaliteit die waterkwaliteit deurlopend en het hierdie toetse geen rede tot kommer vir menslike blootstelling opgelewer nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'