MOSSELBAAI NUUS - Minstens 100 inwoners van Powertown, Klein-Brakrivier neem vanoggend aan ‘n betoging deel oor behuisingskwessies.
Talle inwoners van Powertown is reeds na Sonskynvallei hervestig, waarna die grond tot 'n vleiland gerehabiliteer sal word.
Die woongebied is onder die 1:100 vloedlyn geleë en dus aan 'n vloedgevaar onderhewig.
Baie inwoners weier egter om te hervestig. Hulle sê Powertown is hul huis, dat dit aan hulle bekend is en dat hulle nie sal trek nie.
Groot-Brakrivier polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais sê die polisie handhaaf ‘n sterk teenwoordigheid.
Lees 'n verwante artikel: "Ons sal nie trek nie"
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'