Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het met naasbestaandes in verband met 'n vrou wie slegs vanoggend bekend gestaan het as Anita, in verbinding getree.
Polisiewoordvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, Sersant Kappie Kapp sê die vrou is in die KwaNonqaba omgewing gevind, waar sy rondgedwaal het.
Sy kan glo slegs onthou dat sy vanaf Hartenbos ‘n taxi geneem het.
Kapp bedank die gemeenskap en die ondersoekbeampte in die saak JC Brink.
Vorige artikel: Polisie op soek na vrou se familie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'