Update
OPVOLG 8 JUNIE @ 17:02 - Die polisie op Mosselbaai het met naasbestaandes in verband met 'n vrou wie slegs vanoggend bekend gestaan het as Anita, in verbinding getree.
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai is op soek na enige naasbestaandes wat hierdie vrou, wie slegs bekend staan as Anita, ken.
Polisiewoordvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, Sersant Kappie Kapp sê die vrou is in die KwaNonqaba omgewing gevind, waar sy rondgedwaal het.
Kapp sê die vrou het ‘n blou denimbroek en ‘n blou baadjie aan. Sy kan glo slegs onthou dat sy vanaf Hartenbos ‘n taxi geneem het en sê sy is van die Oos-Kaap.
Enigeen wat die polisie kan help met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak JC Brink te kontak by 082 537 2029. Die vrou is intussen na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir waarneming.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'