MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie ondersoek steeds die besigheidsroof, wat onlangs by die Pep-winkel in Marshstraat plaasgevind het.
Twee verdagtes het op 16 Oktober, net na die winkel oopgemaak het, 'n werknemer na die kasregister gevolg.
"Die werknemer is met 'n vuurwapen gedreig en een van die verdagtes het geld geëis. 'n Onbekende bedrag kontant is aan 'n ander verdagte oorhandig en in 'n swart rugsak gesit," het die polisie op die dag van die roof gesê. Die verdagtes het daarna gevlug.
Adjudant offisier Kappie Kapp, polisiewoordvoerder, het vandeesweek bevestig die saak word steeds ondersoek en die polisie volg alle moontlik leidrade op.
Die gemeenskap word egter versoek om enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, na vore te bring.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Enige inligting of navrae kan aan die kantoor van kapt Jacqui Grundling by 044 6062800 gerig word.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’