MOSSELBAAI NUUS - Twee mans het vanoggend die Pep-winkel in Marshstraat in die middedorp beroof.
Polisiewoordvoerder lt Kol Malcolm Pojie sê twee verdagtes het kort nadat die winkel om 09:00 oopgemaak het, ‘n werknemer na die kasregister gevolg.
“Die werknemer is met ‘n vuurwapen gedreig en een van die verdagtes het geld geëis. 'n Onbekende bedrag kontant is aan ‘n ander verdagte oorhandig en in ‘n swart rugsak gesit.”
Pojie sê die mans het kort daarna gevlug.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die Mosselbaai-speurdiens ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Vorige artikel: Armed robbery at shop in town centre
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’