GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Motoriste wat van voornemens is om Groot-Brakrivier toe te gaan, moet kennis neem dat die afrit na die dorp vanaf Mosselbaai, rigting George, tans vir verkeer gesluit is weens padwerke.
Die ou pad is ook weens padwerke nie beskikbaar nie, en die aanbeveling is dat die Glentana-afrit van die N2 gebruik moet word om in Groot-Brakrivier uit te kom.
Motoriste moet dus by Groot-Brakrivier op die N2 verby ry en die Glentana afrit neem, en terugry rigting Mosselbaai op die ou pad om by Groot-Brakrivier uit te kom.
Dit is nie bekend hoe lank die pad gesluit sal bly nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'