MOSSELBAAI NUUS - ‘n Pa en seun van Piketberg spog met ‘n besonderse groot leervis wat hulle by Beacon Point gevang het.
‘n Plaaslike hengelaar het Carlo en Niel Cooper bygestaan om die vis weer veilig vry te laat.
Die hengelaars spog dat hulle die besonderse vangs gemaak het sonder spesiale toerusting en met ‘n basiese katrol wat maar R170 gekos het.
"Dit sal hartseer wees om so wonderlike vis nie vry te laat nie," het die hengelaars eenstemming gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'