Update
GOURITSMOND NUUS - Familielede van oudpredikant John Barnard wat op Sondag 15 September dood in sy huis op Gouritsmond aangetref is, het bevestig dat sy dankdiens op Saterdag 21 September om 11:00 gehou word en nie 14:00 soos in ander media berig is nie.
Die diens word gehou in die NG-kerk op Gouritsmond.
‘n Drie-en-dertigjarige man van Bietouville buite Gouritsmond is in hegtenis geneem in verband met die moord op Barnard.
Hy sou volgens die polisie vandag in die hof op Riversdale verskyn.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'