MOSSELBAAI NUUS - ‘n Buurtwaglid, Michal Rehr het gereël dat met ‘n Louis Oosthuizen Foundation-gholfdag, ‘n fondsinsameling vir die buurtwag gehou kan word.
Die fondsinsameling is Woensdag, 19 Desember op die vierde putjie van die Mosselbaai-gholbaan gehou.
‘n Versamelstuk bottle wyn, geskenk deur Piet Taute, is ook opgeveil en die buurtwag kon altesaam R8 000 invorder.
Die buurtwag bedank Landie, tannie Elsie, Hennie, oom Jody, Piet en Mike wat gehelp het met die fondsinsameling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'