MOSSELBAAI NUUS - Tydens 'n gholfdag op Pinnacle Point Saterdag, 18 Desember, het internasionale gholfster, Louis Oosthuizen sy amptelike Afrikoonstatus ontvang.
Die ATKV Langsous-tak van Mosselbaai het hierdie status in September tydens Erfenismaand aan Oosthuizen, een van Mosselbaai se trotse uitvoerprodukte, toegeken.
Bestuurslede van Oosthuizen se welwillendheidstigting, Foundation57 het die toekenning in September namens hom ontvangs geneem aangesien hy steeds in die buiteland was.
Oosthuizen het die Afrikoon-toekenning Saterdag van Claire du Plessis en Berenice Kogana ontvang, knap voor hy op die eerste bof afgeslaan het.
Du Plessis is die voorsitter van die ATKV Langsous-tak en Kogana, 'n bestuurslid van Foundation57, asook 'n lid van die Langsoustak.
VERWANTE ARTIKEL: Onse Louis nou ook 'n trotse Afrikoon
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'