MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die polisie op Groot-Brakrivier het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat “’n hand en arm” Saterdag op die strand deur verbygangers gevind is.
Die oorskot was reeds in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.
Forensiese deskundiges het die toneel besoek en die vonds vir ontleding gestuur.
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais het bevestig dat ‘n pataloog die oorskot ondersoek het, en bevind het dat dit nie menslike beendere is nie, “omdat die sogenaamde vingers te lank is vir menselike vingers”.
Die oorskot is dus afkomstig van ‘n dier.
Wat dink Mossel Bay Advertiser lesers, aan watter soort dier behoort die oorskot?
Laat weet ons wat jy dink by louise@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'