Update
MOSSELBAAI NUUS - Die drie mans wat dood is nadat die bakkie waarin hulle gery het teen 'n afgrond afgestort het se identiteite is pas bekend gemaak.
Hulle is Rizail Slotto (18), Samuel Williams (45) en Jerome Minnies (30).
Die liggame van drie mans wat gister dood is toe die bakkie waarin hulle gery het teen ‘n krans afgestort het, is tydens ‘n ingewikkelde reddingsoperasie van bykans ses uur uit die wrak bevry.
Die oorledenes, twee inwoners van Groot-Brakrivier en een inwoner van Blanco se liggame was sedert gistermiddag omstreeks 15:00 in die bakkie tussen bosse, vasgekeer.
Lees vorige artikels hier:
- 3 liggame tydens intensiewe operasie uit wrak verwyder
- Bakkie stort by krans af, 3 oorledenes steeds vasgekeer
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'