GROOT BRAK RIVIER NUUS - Die Groot Brak SAPD was op Maandag, 13 Junie uitgeroep na 'n moordtoneel in Outeniqua Hoogekraal min wetende dat dit een van die afgryslikste tonele sal wees wat hulle ooit sou gadeslaan.
Inligting op en rondom die moordtoneel is ingesamel en ondersoek deur die forensiese eenheid van George, maar daar is geen leidrade op die toneel gekry wat ‘n aanduiding gegee het wie die afgryslike daad kon gepleeg het nie.
Adjudant Offisier Boekies Kotze, die bevelvoerder op Groot Brak het gesê; "Hier wag vir ons 'n taak wat ons ervaring tot die uiterste gaan beproef."
Volgens Kotze het hy en ao Weyers begin met navrae op die moordtoneel en in die omgewing. Uitstekende speurwerk deur onder andere adjudant offisiere Weyers en Rabie van Groot Brak SAPD het gevolg en tot die spoedige arrestasie van die vermeende moordenaar gelei.
Kotze wil graag sy lede, adjudant offisiers Weyers en adjudant offisier Rabie bedank vir hulle bekwame ondersoek.
Verder bedank hy adjudant offisier Koen en kaptein Lotter van PKRS George vir hul deeglike werk.
Die Stasiebevelvoerder van Groot Brak, kaptein Le Roux spreek haar opregte dank en waardering uit aan elke lid wat by die ondersoek wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die verdagte gelei het.
Lees 'n artikel oor die moord hier.