Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Nadoodse ondersoek het bevestig dat die oorsaak van Jean-Pierre (Boom) Oosthuizen se dood weens die effek van 'n hou of houe met 'n stomp voorwerp is.
Die saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer kan gevolglik na 'n moordsaak verander word, hangende verdere verklarings waarop die Nasionale Vervolgingsgesag dan 'n beslissing sal gee.
Die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
"Mense moenie tot gevolgtrekkings probeer kom terwyl die polisie die saak ondersoek nie. Die aanklag moet eers ondersoek word aan die hand van verklarings waarna 'n arrestasie gemaak kan word."
Lees 'n vorige artikel: Man dood aangetref dae na kroeggeveg
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'