MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer geopen nadat ‘n 32-jarige man verlede Woensdag by ‘n kroeg op Mosselbaai aangerand is en drie dae na die voorval dood in sy woning aangetref is.
Volgens ingeligte bronne het ‘n geveg laataand op Woensdag in die kroeg by De Bakke plaasgevind.
Die oorledene, Jean-Pierre (JP) Oosthuizen is daarna in ‘n privaat hospitaal opgeneem en op Vrydag, 13 Julie ontslaan.
Hy is die volgende dag, op Saterdag, 14 Julie dood in sy woning by Twee Kuilen aangetref.
Die Da Gamaskop-polisie het daarna ‘n geregtelike doodsondersoek geopen en na verwagting sal ‘n forensiese ondersoek teen vanmiddag kan bepaal of die Mosselbaai-polisie ‘n saak van moord sal ondersoek.
Die ondersoek sal aandui of Oosthuizen se dood weens die ernstige aanranding is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'