MOSSELBAAI NUUS - Nooddienspersoneel is na 'n motorbotsing in die omgewing van die Casino-robot op Louis Fourieweg ontbied.
Na wat verneem word was drie voertuie in 'n botsing vanmiddag, op 18 Augustus om ongeveer 17:00 betrokke.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie. Dit is ook nie bekend of daar enige beserings is en wat die aard van die beserings is nie. Mossel Bay Advertiser het 'n navraag aan die polisiewoordvoerder gerig en wag op verdere inligting.
Verkeer op Louis Fourieweg nadat drie voertuie in 'n botsing betrokke was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'