Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Op Saterdagaand, 11 Desember was daar die feestelike geklank van Kersliedere in die lug tydens die aanskakel van die Kersliggies by die Harry Giddey-park in Marshstraat.
Die program het om 18:30 begin met voorlesing en gebed, die sing van Kersliedere, optredes van kunstenaars en 'n blaasorkes waarna die liggies omstreeks 19:55 aangeskakel is.
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzè, het die Kersliggies vir die seisoen aangeskakel.
FOTOGALERY: Kersliggies aangeskakel
"Die afgelope jaar het ons baie negatiewe dinge ervaar en dit is bewys dat die sielkundige gesondheid van die mensdom baie agteruitgegaan het," sê Kotzè. In sy toespraak het hy verder gesê dat dit belangrik is om in hierdie tyd gesonde verhoudings op te bou deur positiewe gedagtes en die negatiewe agter te laat.
VIDEO: Kersligte word aangeskakel in Mosselbaai
Talle mense het Saterdagaand, 11 Desember in die Harry Giddey-park saamgekom vir die aanskakel van Mosselbaai se Kersliggies. Foto: Grey Stopforth
Harry Giddey-park is sommer opgevrolik nadat die Kersliggies aangeskakel is. Foto: Julian Scholtz
Marshstraat, hoofstraat van Mosselbaai, pryk ook met sy jaarlikse Kersligte. Foto: Grey Stopforth
Vorige artikel: En daar is liggies
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'