Update
MOSSELBAAI NUUS - Na vele oproepe om seker te maak dat daar aan die sensusopname vir 2022 meegedoen word, blyk dit volgens terugvoering of inwoners van Mosselbaai en omstreke wel teen die spertyd op 31 Mei die woord by die daad gevoeg het.
Volgens terugvoering deur Statistiek SA, kan daar egter tans slegs op distriksvlak terugvoering gegee word.
Lindy Langenhoven, adjunk-direkteur vir Statsitiek SA in die Tuinroete en Sentrale Karoo het by navraag gesê dat 'n deelname syfer van 89% tot dusver behaal is.
"Ek kan slegs op distriksvlak die eindresultaat gee soos op 31 Mei die Tuinroete-distrik.
"Dit sal verander soos die data verwerk word en CAWI-vraelyste moet ook nog bygereken word per distrik so dis nie die finale eindresultaat nie. Ons kan nie op hierdie stadium per munisipale vlak gee nie."
Langenhoven het publiek bedank vir hulle aktiewe navrae rakende die sensusopname, asook wat die aanlynvraelyste betref.
"Ons het 'n geweldige positiewe ontvangs gehad vanaf die Mosselbaai en uitgebreide munisipale streek.
"Ons is tans in proses om die na-sensusopname begin wat die ondertelling van Sensus 2022 gaan bepaal.
"Ons is ook steeds besig met ons normale huishoudelike opnames deur die hele streek wat behels die algemene huishoudelike opname, arbeidsmagopname, binnelandse toerisme-opname sowel as die bestuur-, gemeenskapsveiligheid- en geregtigheidsopname," het Langenhoven vandeesweek aan die Advertiser gesê.
Verwante artikels:
- Op ouderdom van 95 opgeskryf vir Sensus 2022
- Why participate in Census 2022?
- Laat jou insette tel – Anco Barker en Thabo Mvumvu
- Sensus spertyd kruip nader
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'