MOSSELBAAI NUUS - Verlede naweek het 25 modelvliegtuig-entoesiaste aan die St Blaize Aeroklub in Mosselbaai se geleentheid deelgeneem as deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees.
Deelnemers van Oudtshoorn, George en Mosselbaai het met hul vliegtuie en helikopters maneuvers gedoen.
Aantreklike pryse en medaljes was op die spel.
Ruben de la Rouviere van George is slegs agt jaar oud en vlieg nog net vier maande. Hy neem egter reeds aktief deel onder die bekwame leiding van sy instrukteur, Tinus Malan. Dit is verblydend om te sien dat jong mense dié sport ontdek en alle belangstellendes word uitgenooi na byeenkomste.
Die wenner van die dag was Zac Lipschitz met André le Roux in die tweede plek.
Albei deelnemers is van Oudtshoorn. Jaco Botha van Mosselbaai was in die derde plek en die deelnemers, vriende en familie het die dag gesellig saam deurgebring.
Zac Lipschitz van Oudtshoorn was die wenner van die dag vir sy vliegkuns en hier ontvang hy sy goue medalje van Jan Naude. Foto: Tersia Marais
Tinus Malan het almal verstom met die toertjies wat hy met sy met helikoptertjie bemeester. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'