Update
MOSSELBAAI NUUS - Verlede week het Mossel Bay Advertiser berig van 'n groen bottel wat by Hartenbosstrand opgetel is met 'n papier binne.
Die papier is 'n fotostaat van 'n foto van 'n ouerige vrou. Bo-aan staan die woorde met 'n blou pen in Engels geskryf. "We love's you mom".
Aan die regterkant bo is 'n datum - "20 June 2015".
Gerald Becker, van Oudsthoorn, wat die bottel opgetel het, het egter baie vrae en sal graag wil weet waar die bottel in die see gegooi is.
Lesers wat die vrou op die foto herken kan gerus met die Advertiser in verbinding tree om die raaisel van die groen bottel uit die see te help oplos.
Becker sê hy gaan die bottel hou om dit eendag moontlik aan die boodskapper terug te besorg. Indien jy oor enige inligting rakend dié vonds beskik, stuur 'n WhatsApp. (082 653 2273).
Vorige artikel: Raaisel van uitgespoelde groen wynbottel
Die groen bottel met 'n foto binne wat op die Hartenbosstrand opgetel is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’