MOSSELBAAI NUUS - Om op die strand te stap en 'n bottel wat uitgespoel het op te tel, is eintlik elkeen se plig om ons strande skoon te hou.
Vir 'n afgetrede pensionaris van Oudtshoorn, het dit egter nuwe betekenis soortgelyk aan wat 'n mens op die silwerdoek sal sien, ingehou.
Ná die hewige storms die afgelope tyd, het baie opdrifsels op die strande aan die kuslyn uitgespoel.Gerald Becker, wat saam met sy vrou, Jordina, vir drie weke op Hartenbos in die ATKV-karavaanpark kom uitspan het, het op Sondag, 29 Oktober, met strandwandeling in die omgewing van die Hartenbosrivier-monding, op 'n groen wynbottel tussen die uitgespoelde rommel afgekom.
By nadere ondersoek het hy gesien dar daar iets binne in die bottel is. Becker het die bottel opgetel en opgemerk dat die bottel goed geseël is met 'n sintetiese prop. Hy is met die bottel terug na die karavaan waar hy die prop ingedruk het om by die inhoud uit te kom.
Die bottel was oortrek met seeslakke en ander organismes. Ná 'n gesukkel het hy daarin geslaag om 'n A4-groote stuk papier uit die bottel te haal.
Op die papier is 'n fotostaat van 'n foto van 'n ouerige vrou. Bo-aan staan die woorde met 'n blou pen in Engels geskryf. 'We love's you mom'. Aan die regterkant bo is 'n datum - 20 June 2015.
Becker het egter baie vrae en sal graag wil weet waar die bottel in die see gegooi is. "Moontlik is die vrou oorlede en het haar kinders ter herdenking die boodskap in 'n bottel die see ingestuur," sê hy. "Dalk was dit 'n verjaardag."
"Baie beslis is die datum en die vrou vir kinders iewers in die land baie na aan die hart."
Lesers wat die vrou op die foto herken kan gerus met die Mossel Bay Advertiser in verbinding tree om die raaisel van die groen bottel uit die see te help oplos. Becker sê hy gaan die bottel hou om dit eendag moontlik aan die boodskapper terug te besorg.
Indien jy oor enige inligting rakend hierdie vonds beskik, kontak Jannie du Plessis by die Advertiser op 044 690 7156.
Gerald Becker op die Hartenbosstrand waar hy die groen wynbottel met die boodskap opgetel het.
Indien jy oor enige inligting rakend hierdie vonds beskik, kontak Jannie du Plessis by die Advertiser op 044 690 7156.
Indien jy oor enige inligting rakend hierdie vonds beskik, kontak Jannie du Plessis by die Advertiser op 044 690 7156.
Gerald Becker op die Hartenbosstrand waar hy die groen wynbottel met die boodskap opgetel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’