MOSSELBAAI NUUS - 'n 51-jarige man van George het vanmiddag verdrink, nadat hy van die rotse by Fransmanshoek, anderkant Vleesbaai, afgeslaan is.
Volgens die woordvoerder van die NSRI, JC Roos, het hulle ongeveer 14:00 'n noodoproep ontvang van die man se vrou.
Die man en sy seun het van die rotse af vis gevang en toe sy pa in die water beland, het die seun sy ma gebel. Twee NSRI bote het hul na die gebied gehaas. Hulle kon daarin slaag om die man se liggaam uit die water te haal, maar hy was reeds dood.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'