Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Veertigjarige man van Groot-Brakrivier is op Dinsdag, 11 Desember in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie. Polisiewoordvoerder, konstabel Laurianne Botha sê bure van die verdagte het op Saterdag, 8 Desember gehoor hoe die verdagte en die slagoffer, die 40-jarige Antjie Frans, ook bekend as Sophie, in 'n woordewisseling betrokke is.
Hulle het Frans se liggaam Sondag langs die bed in haar woning by Greenhaven ontdek.
Botha sê Frans is ernstig aangerand en vermoedelik verwurg. Die verdagte is sedert sy inhegtenisname in aanhouding en verskyn vandag, op Vrydag 14 Desember in die landdroshof op Groot-Brakrivier op 'n aanklag van moord.
Lees 'n vorige artikel: Man in hegtenis vir moord op meisie
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'