GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n 40-jarige man van Groot-Brakrivier is gister, op Dinsdag, 11 Desember in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord op sy meisie.
Polisiewoordvoerder, konstabel Laurianne Botha sê bure van die verdagte het Saterdagaand gehoor hoe hy en die slagoffer, die 40-jarige Antjie Frans in ‘n woordewisseling betrokke is.
Hulle het Frans se liggaam Sondag langs die bed in haar woning by Green Haven ontdek. Botha sê Frans is ernstig aangerand en vermoedelik verwurg.
Die verdagte bly in aanhouding en sal Vrydag in die Landdroshof op Groot-Brakrivier verskyn op ‘n aanklag van moord.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'