MOSSELBAAI NUUS - By 'n perseel in die JCC-woongebied waar 'n groot hoeveelheid versteekte tik ontdek is toe 'n woning afgebrand het, het die Da Gamaskop-polisie weer eens 'n dwelmvonds gevind.
Lede van die Da Gamaskop-polisie in samewerking met polisie se seegrenseenheid, asook 'n buurtwaglid het Sondag, 3 November om 23:00 'n suksesvolle operasie uitgevoer in Finisastraat waar hulle op tik en mandrax-tablette met 'n geskatte waarde van R40 000 afgekom het.
'n Nigeriese burger (35) is in verband met die vonds in hegtenis geneem.
Die Mossel Bay Advertiser het vroeër vanjaar berig oor 'n brand wat 'n woning op dieselfde perseel in puin gelê het.
Toe polisiebeamptes op die toneel die puin ondersoek, het hulle op tik afgekom wat in die mure van die woning versteek was en het daarop beslag gelê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'