Update
MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek steeds die voorval waartydens 'n eenjarige baba op 2 Maart in die gebied doodgeskok het.
Polisiekommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp sê 'n geregtelike doodsondersoek dossier is geopen.
Kapp sê die slagoffer het by haar huis in 'n informele nedersetting genaamd Rhythm City, gespeel toe sy geskok is.
Dit kan nie bevestig word of dit weens 'n onwettige kragverbinding is nie. Die voorval het ongeveer 11:00 gebeur.
Die meisie is geïdentifiseer as Minentle Nameko.
Kapp sê Minentle se ma moes bykans 3km met haar na die naaste kliniek, die Alma-kliniek hardloop om hulp te kry.
Die baba is egter by aankoms dood verklaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'