MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek die omstandighede waartydens ‘n eenjarige dogtertjie op Dinsdag, 1 Maart op Mosselbaai doodgeskok is.
Die vermoede bestaan dat die baba aan ‘n onwettige kragverbinding geraak het.
‘n Geregtelike dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.
Meer inligting oor die voorval is nie tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'