GROOT BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier is die tuiste van verskeie kunstenaars. Nie net woon die natuurskilder, Fourie Ackerman duskant die dorp nie, maar ook verskeie ander kunstenaars.
Die kunstenaars het nou, te danke aan 'n inisiatief van die besigheidskamer om die dorp op te tooi en as 'n kunsdorp aan die Tuinroete te bemark, verskeie mure op Groot Brak begin verf.
Dit sluit 'n groot muur in Langstraat in.
Die projek het reeds in November 2019 begin en duur steeds voort.
Volgens een van die kunstenaars is die volgende projek om die muur teen die plaaslike skoenfabriek te verf.
Die Mossel Bay Advertiser het onlangs oor Fourie Ackerman se skilderkuns teen wonings se mure op Friemersheim berig.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'