Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die voorsitter van Solidariteit, dr Dirk Hermann, was Maandagaand, 28 November die gasspreker by die AfriForum Mosselbaai-tak se jaarafsluiting wat by die Diaz Hotel gehou is.
Die tema van Hermann se toespraak was rasmalligheid in Suid-Afrika. Volgens hom is dit egter nie 'n stryd om ras nie, maar 'n stryd om idees."
Die idee van om self verantwoordelikheid te neem vir jou toekoms en die teenoorgestelde idee van om 'n slagoffer te wees van die stelsel.
"Suid-Afrika is die mees regsgereguleerde land in die wêreld en die doel is om mense te verslaaf aan hierdie verstikkende stelsel wat 'n vernietigende erfporsie is vir almal in die land."
Hermann sê hy is beïndruk deur die energie wat hy by die mense van Mosselbaai sien. "Ten spyte daarvan dat baie dinge nog werk in die Mosselbaai-omgewing weens goeie munisipale bestuur, neem mense ook self verantwoordelikheid. Die krag van 'n gemeenskap is sterker as die mag van die staat. Daardie 'ons sal self'-energie is sigbaar hier in Mosselbaai. Hierdie gemeenskap is 'n voorbeeld vir ander gemeenskappe in Suid-Afrika."
Gaste luister aandagtig na dr Dirk Hermann tydens sy praatjie oor rasmalligheid.
VIDEO - Dr Dirk Hermann van Solidariteit verduidelik hul deurbraak by die Verenigde Nasies teen SA regering.
VIDEO - Dr Dirk Hermann van Solidariteit verduidelik hul deurbraak by die Verenigde Nasies teen SA regering.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'