Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die gure weer wat tans heers in aanloop van die kouefront wat die Wes-Kaap later vandag sal tref, het veroorsaak dat die dak van ‘n kleuterskool in Aslapark afgewaai het.
Sterk wind waai sedert vanoggend en het vroeër vandag sinkplate op die dak van Pniel-bedieninge se kleuterskool afgeruk.
Pastoor Jennifer Saal wat Pniel-bedieninge bedryf, sukkel reeds maande lank om ondersteuning te kry om die gebou te voltooi.
Foto's: Kleuterskool se dak afgeruk
Soos ander sentrums vir vroee kinderontwikkeling, is haar deure sedert Maart gesluit.
“Ek was voornemens om Maandag, 13 Julie te heropen. Die dakplate lê nou in die bure se erf. Ek verwag bykans 40 kinders by die sentrum. Ek is raadop,” sê past Saal.
Indien enigiemand ondersteuning kan bied, kontak past Saal (078 712 42830.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
*Swak klank as gevolg van wind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'