MOSSELBAAI NUUS - Op 8 Augustus het die Mosselbaai Kleuterskoleforum hul tweemaandelikse vergadering ter voorbereiding van deelname aan die munisipale Sportfees gehou.
Vir die forum is die Sportfees ‘n geleentheid wat in Mosselbaai se geskiedenisboeke aangeteken word.
Dit sal die eerste keer wees dat die plaaslike kleuterskole aan die Sportfees sal deelneem en is daar met entoesiasme beplan aan die heuglike gebeure wat die dag sal plaasvind, wat onder meer insluit, stalletjies en pretsport.
Die forum het ten doel om ‘n fasilitering en koördinerings rol te vervul ten opsigte van die identifisering van behoeftes en die netwerk om die nodige hulp daar te stel.
Met dit in gedagte, het Juweeltjie-kleuterskool in Vrouemaand uitgereik deur ‘n skenking te maak aan een van die kleuterskole, wat getrou na elke kleuterskole forumvergadering kom.
Me Lucinda Piedt, die gemeenskapskoördineerder vir plaaslike kleuterskole, kan gekontak word by lpiedt@mosselbay.gov.za of skakel (044 606 5000).
Die munisipaliteit het kundiges wat alle kleuterskole in die groter Mosselbaai aanmoedig om deel te word van die forum, waar idees en probleme uitgeruil word en saam werkbare oplossings gevind kan word.
Mosselbaai Kleuterskoleforum gaan geskiedenis maak deur aan vanjaar se Sportfees deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'