Update
MOSSELBAAI NUUS -'n Jong manlike persoon het laat gistermiddag by Suiderkruis, Groot-Brakrivier verdrink. Die voorval het na 19:00 plaasgevind.
Volgens voorlopige inligting het hy in die see by die riviermonding geswem toe hy onder die water verdwyn.
Die NSRI het hul St. Blaize reddingsboot uitgestuur en die polisie, ambulansdienste en Mosselbaai se Brand- en Reddingsdienste is dadelik na die toneel. Volgens inligting het kinders wat naby geswem het, hom uit die water gehaal waarna die NSRI-bemanning Kardiopulmonêre Resussitasie (KPR) toegepas het. Hy is later egter deur By Grace ambulansdiens dood verklaar.
Die liggaam van die persoon is tans by die forensiese patologiediens. Sy se ouderdom is kon nog nie bevestig word nie. Die Grootbrak-polisie het ’n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Vorige artikel: Moontlike verdrinking by De Bakke
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'