MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het vanmiddag ‘n oproep ontvang van 'n moontlike verdrinking by De Bakke, Mosselbaai.
Die oproep is herlei na die JOC sentrum in Mosselbaai waarna alle noodspanne en die NSRI na die gebied ontbied is.
Die inligting was dat die boetie van ‘n 13-jarige seun langs die water staan waar sy broer volgens onbevestigde inligting moontlik verdrink het.
Reddingspanne het egter geen persoon op die strand of in die water opgemerk nie. Die toneel word egter steeds gefynkam maar die moontlikheid is dat dit ‘n vals oproep kon wees.
Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'