Update
MOSSELBAAI NEWS - Die 25-jarige kêrel van Yolin Kannemeyer (20) het vandag, op Maandag, 1 Junie vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Yolin se liggaam is die afgelope naweek op Saterdag, 29 Mei op ‘n bank in die verdagte se huis in St Blaizestraat, Uitbreiding 8 deur sy 34-jarige broer gevind.
Simon Jacobs (25) is ten tye van die polisie se ondersoek op die toneel in hegtenis geneem.
Die omstandighede van die voorval word nog ondersoek, maar ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat Yolin dalk reeds op Vrydag, 28 Mei aangerand is.
Haar niggie het by die paartjie gekuier en is na bewering na afloop van die aanranding deur Jacobs in die huis aangehou. Sy is met ‘n mes in haar hand gesteek en kon eers die volgende dag daarin slaag om met die paartjie se 4-jarige kind te vlug en hulp te ontbied.
Jacobs bly in aanhouding, hangende ‘n formele borgaansoek. Nog geen begrafnisreëlings is bekend gemaak nie.
Na wat verneem word, was Jacobs kwaad oor ‘n boodskap wat Yolin op Facebook ontvang het. Hy het haar toe na bewering doodgeslaan.
Vorige artikel: Kerel in aanhouding na vrou se dood
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'