Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie vra die publiek se hulp met die identifisering van die man in sy 30’s wie se liggaam gisteroggend, 30 Desember, op die rotse tussen De Bakke- en Diasstrand gevind is.
Die man het ‘n kenmerkende tattoeërmerk op sy bo-arm.
Skakel asseblief vir adjudant-offisier Adéle Binneman op 044 606 2201, indien u enige inligting het om die man te identifiseer.
Vorige artikel: Liggaam van onbekende man op rotse by De Bakke gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'