MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier Karen Swanepoel (45) wie haar hele gesin in 'n motorbotsing in 2012 verloor het, se boek, Ek sal weer 'n Loflied sing, het pas verskyn.
Swanepoel en haar man, Schalk (39) was op 10 Januarie, 2012 saam met hulle kinders, Jeanelle (5) en Juan (2) op pad Bloemfontein toe, toe hulle in 'n botsing reg van voor op die N1-hoofweg tussen Ventersburg en Winburg betrokke was.
Schalk en Jeanelle is op die toneel dood verklaar en Juan is kort na sy aankoms by die hospitaal oorlede.
Karen is met ernstige beserings in 'n hospitaal in Welkom opgeneem en het eers tien dae later gehoor dat haar hele gesin in die botsing uitgewis is. Maar vandag, sing Karen weer 'n loflied.
Sy is in Desember 2015 met André (49) getroud en is intussen 'n tweeling ryker. Die tweeling, Reynard en Desiré het op 14 September twee jaar oud geword.
Karen het die boek tydens die inperking geskryf. Sy hoop dat elke persoon wat haar boek lees bemoedig sal word.
Die hardekopie van Ek sal weer 'n Loflied sing kan by Mar-Leo Publiseerders bestel word. Die boek is ook by My Redding-boekwinkel by Langeberg Mall te kry. Die e-boek-weergawe is op Amazon beskikbaar.
Die eerste persoon wat hierdie artikel of 'n uitknipsel daarvan na die kantoor van die Mossel Bay Advertiser, Kerkstraat 9 bring, ontvang 'n gratis kopie van Karen se boek. Die aanbod is slegs vandag, 2 Oktober tot 12:00 geldig.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'