Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society se Julie-byeenkoms is weer virtueel gehou om die onderskeie wenners van die voorgeskrewe tema, silhoeëtte asook die ope afdeling aan te kondig. Die wenners is soos volg:
Voorgeskrewe tema
- Junior wenner: Gerda Fouché se Sunset cruise
- Senior wenner: Carien Kruger se Olifant silhoeëte
Ope afdeling
- Junior wenner: Dirk van der Toorn se Gentle does it, naaswenner Mandarin van Gerda Fouché se Mandarin.
- Senior wenner: Danie Pretorius se Twilight girl, naaswenners Anton la Grange se Sailboat Sunset en Carien Kruger se Alone inside the big hall.
Fotogalery: Die mooiste foto's van Eden Photographic Society
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
Anton la Grange se Sailboat Sunset.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'