Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Inwoners van die Powertown-woongebied langs die N2, Klein-Brakrivier het Donderdag, 27 Mei betoog nadat hul onwettige kragverbindings die oggend deur munisipale werkers verwyder is.
Die werkers is egter deur hoofsaaklik vroue met klippe bestook waarna hulle die krag, wat afgeskakel was, net so gelos het en onder die klipreën padgegee het.
Die krag was bykans 90 minute af voor die kragtoevoer weer aangeskakel kon word. Polisie wat opgedaag het is ook met klippe bestook. Vroue en kinders het materiaal op die padoppervlakte aan die brand gesteek. Die polisie se eenheid vir openbare orde is op die toneel ontplooi.
Van die eenheid se lede het met die vroue onderhandel en die gevare van die onwettige verbindings is aan hulle verduidelik.
Na die samesprekings is daar besluit dat hulle die volgende dag 'n versoekskrif aan die burgemeester gaan oorhandig.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Inwoners betoog oor onwettige kragverwydering
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'