MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het die identiteit bekend gemaak van die man wat Vrydagoggend, 30 Desember, dood op die rotse by De Bakke-strand gekry is.
Die oorledene is Christian Booysen (41) wat ook bekend was as Mannetjie.
Die publiek se hulp is op Mossel Bay Advertiser gevra om te help om aan die hand van 'n tatoe die persoon te identifiseer.
Volgens sy suster, Marilyn Booysen, het die familie gedink Christian kuier weer by sy verloofde waar hy oor Kersfees was. Teen Sondag, Nuwejaarsdag, het hulle bekommerd geraak toe hy nog nie terug by die huis was nie.
Familielede is na die polisiestasie om hom as vermis aan te gee waar die polisie hulle toe die foto van die oorledene en die tatoeëermerk gewys het.
Marilyn vertel: "Ek wou dit nie glo nie en is self na die Da Gamaskop-polisiestasie en dit is hoe ons toe uitgevind het my broer is dood." Volgens adjudant-offisier Adéle Binneman, word geen gemene spel vermoed nie en is die oorsaak van dood, verdrinking.
Christian laat 'n dogter Candice Roman en 'n seun Aldeno Fillies agter.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'