Update
MOSSELBAAI NUUS - Nuwe intrekkers van Danabaai soek steeds naarstigtelik na hulle geliefde Jack Russel, Nishca (15). Nishca het op Maandag, 10 April, by haar woning in Danabaai se tuinhekkie uitgeglip nadat 'n sterk wind die hekkie oopgewaai het.
Haar mens-ma, Lourette Paton het onlangs met Nishca van Nelspruit verhuis.
Die Patons het intussen alles in hulle vermoë gedoen om Nishca te probeer opspoor maar sonder enige resultate.
Op Donderdag, 13 April, is 'n hommeltuig ingespan om in die kloof by Danabaai na Nishca te soek. Verskeie diere-kommunikeerders het ook al vir die Patons probeer raad gee oor waar Nishca haar dalk mag bevind.
Die Patons het reeds die Mosselbaai-dierebeskermingsvereniging (DBV) besoek maar daar is geen teken van Nishca nie. Engieen wat haar sien kan Paton kontak by 081 394 7060.
Vorige artikel: Hommeltuig ingespan om na hond te help soek
Nishca is reeds 15-jaar oud en word sedert Maandag, 10 April vermis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’