Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Hommeltuig sal vandag, op Donderdag, 13 April ingespan word om te help soek na Nishca, die 15-jarige Jack Russel wat die afgelope week in Danabaai vermis geraak het.
Nishca se eienaars het onlangs vanaf Nelspruit na Danabaai verhuis en is nuwe intrekkers.
Haar mens-ma, Lourette Paton sê hulle het slapelose nagte sedert Nishca Maandag verdwyn het.
"Daar was Maandag geweldige sterk wind. Ons tuinhekkie het oopgewaai en ons vermoed Nishca het ondersoek gaan instel waarna sy vermoedelik verdwaal het."
Die hommeltuig sal veral in die kloofgebied in Danabaai na Nishca soek.
Die Patons het reeds die Mosselbaai-dierebeskermingsvereniging besoek maar daar is geen teken van Nishca nie. Engieen wat haar sien kan Paton kontak by 081 394 7060.
Vorige artikel: Vermiste troeteldier
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’