Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Verbyrit vir Heidi Hobbs (51) wat in Groot-Brakrivier groot geword het, word vir Donderdag, 8 Desember beplan.
Die verbyrit sal verby haar ouers se huis gaan by Hillcrestlaan 30, Greenhaven.
Heidi is Vrydag, 25 November tragies dood toe sy, haar seun, Heinrich en kleindogter, Edlizaan die N2 oorkant De Dekke oorgesteek het en deur 'n voertuig getref is.
Heidi is op die toneel dood, haar seun se bene is beseer en haar kleindogter het skade aan haar gesig en tande opgedoen en is vir drie dae in die hospitaal behandel.
Heidi laat haar man, Edwin, dogter Edwardine, seuns Daniel, die tweeling Heinrich en Heinry en haar vyfjarige kleinkind, Edlizaan, agter. Heidi was die oudste van vyf susters, Anne James, Maria Korkee, Rialet Kumutu en Elsie Gertse.
Die begrafnisdiens word Sondagoggend 10:00 by die Rooms-Katolieke Kerk in George gehou.
Vorige artikels:
- Vrou wat naby De Dekke doodgery is, se naam bekend
- Vrou dood, kinders beseer toe voertuig voetgangers tref
Heidi Hobbs, Geraldine James en Realett Kumutu in die tuin by hulle ouerhuis in Greenhaven.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'