MOSSELBAAI NUUS - Op Donderdag, 23 April om 14:00 het lede van Mosselbaai-polisiestasie se A-skof asook speurders van die speurtak reageer op 'n klagte by die Life Bay View privaat hospitaal.
Met behulp van die Da Nova-buurtwag is 'n verdagte aangekeer op die brandweerstasie se perseel, ongeveer 2km vanaf misdaadtoneel.
Die 24-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir diefstal vanuit 'n motorvoertuig en het op Dinsdag, 28 April in die hof verskyn.
Die waarde van die gesteelde eiendom is ongeveer R11 000.
Luitenant-kolonel Seppie September het al die lede betrokke gelukgewens en ook die buurtwaglede bedank vir die rol wat elkeen gespeel het om die oortreder vas te trek.
Hy het ook die lid in die gemeenskapsdienssentrum (GDS), sers Chris Nortjé bedank wat deurentyd in kontak was met al die rolspelers. "Dit bewys weereens dat ons saam 'n verskil kan maak", het September gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'