Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Fietsryer is Maandag, 12 Desember omstreeks 07:30 op die R328 naby die kruising na Klein-Brakrivier en Hartenbos Heuwels deur 'n voertuig raakgery.
Volgens ooggetuies het die 17-jarige meisie half-onder die voorkant van die voertuig te lande gekom.
Die polisie en verkeerspersoneel was op die toneel. Sy is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling.
Volgens haar pa wat met Mossel Bay Advertiser gesels het, het sy gelukkig haar helmet gedra en sy is nie ernstig beseer nie. "Baie mense het op die toneel gestop om te help," sê haar pa.
Vorige artikel: Fietsryer deur voertuig raakgery
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'