MOSSELBAAI NUUS - 'n Fietsryer is vanoggend omstreeks 07:30 op die R328 by die kruising na Klein-Brakrivier en Hartenbos Heuwels deur 'n voertuig raakgery.
Volgens ooggetuies het die vrou half onder die voorkant van die voertuig te lande gekom.
Die polisie en verkeerspersoneel was op die toneel.
Die vrou is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling. Die omvang van haar beserings is egter onbekend.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'