MOSSELBAAI NUUS - Die twee beskuldigdes in die moordsaak van Theresa (Tess) Vister (43) wat in 2013 in Sonskynvallei vermoor is vandag, Vrydag, 11 Februarie in die Mosselbaai-streekhof gevonnis.
Adrian White (26) en Eddie Jansen (50) verskyn voor streekslanddros Neels Nortje.
White is skuldig bevind aan die moord op Vister en Eddie is skuldig bevind dat hy White na die moord gehelp het om die daad te verbloem. Dit was egter White wat Vister doodgemaak het.
Omdat White 17 jaar oud was ten tye van die moord, is hy onder die Kinderwet gevonnis, hoewel hy vandag 26 jaar oud is.
Nortje het tydens vonnisoplegging gesê hy sou White swaarder wou straf indien die wet hom toelaat.
White is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.
Jansen is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir sy aandeel in die voorval. Nortje het gesê hy het dit in ag geneem dat Jansen reeds 'n vonnis van 20 jaar uitdien op 'n ander skuldigbevinding.
Vister se ouers en haar dogter was teenwoordig tydens die vonnisoplegging. Hulle het hul misnoeë uitgespreek en het gesê hulle het op swaarder vonnisse gehoop.
Vorige artikels:
- Twee in hof in Sonskynvallei-moord
- 3 Voor hof oor moord in Sonskynvallei
- Donker vrouedag in Sonskynvallei
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'