MOSSELBAAI NUUS - Theuns Kritzinger, die groot gees agter die insamelingsprojekte vir droogtehulp vir landbouers wat weens die droogte noustrop trek, sê baie dankie aan al Mosselbaaiers en mense van omliggende areas vir die skenkings wat vir die Droogtehulpprojek ontvang is.
“Die skenkings is ingesamel vir die Boesmanland en Rietbron. Ons vertrek op 6 September om 12:00 na Rietbon om saam met Burre Burger ‘n noodspens op te rig vir die omliggende area.
Indien daar nog verdere skenkings is, kan dit nog Donderdag afgelewer word by die Droogtehulp Depot te Gericke Straat, Voorbaai.
Enige persoon is welkom om die opening van die noodspens by te woon, en daar gaan ook ‘n fondinsameling / pretdag vir die plaaslike Akasia Skool in Rietbron gehou word.
Die Droogtehulp is ‘n geregistreerde NPO wat belastingfakture kan uitreik vir besighede wat skenkings wil maak.
Lees 'n verwante artikel hier: Dankie, droogtehulp steeds nodig
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'