MOSSELBAAI NUUS - Dr Daniel Shayesteh is op Dinsdag, 21 Februarie om 18:30 die gasspreker tydens 'n geleentheid wat by die NG Moedergemeente op die hoek van Kerkstraat en Georgeweg, Mosselbaai gehou word.
Toegang is gratis maar ‘n kollekte sal opgeneem word ten bate van dr Shayesteh se onkoste.
Dr Shayesteh was ‘n prominente en radikale Moslem, politieke leier en dosent tydens die Islamitiese revolusie in Iran in 1979.
Toe hy in onguns beland by die Ayatollah Khomeini vlug hy na Turkye.
In hierdie tyd het hy ‘n ontmoeting met Jesus Christus en neem Hom as sy persoonlike Verlosser aan. Sy agtergrond laat hom toe om met insig en gesag sy kennis oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe te kan deel.
In 2000 stig hy die Exodus from Darknessbediening waardeur hy mense begelei om Christus te vind te midde van verwarring en misleiding. Belangstellendes word genooi om na sy belydenis van transformasie te gaan luister en sy roeping om die waarheid te deel sodat mense die uniekheid van Christus kan verstaan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'