MOSSELBAAI NUUS - Booswigte het 12 bottels Bells whiskey by ‘n restaurant in Mosselbaai gesteel.
Volgens inligting het die voorval op 26 Januarie om ongeveer 00:40 by die Big Blu Restaurant in Puntweg plaasgevind.
Toegang is verkry deur ‘n deur oop te forseer.
Die Mosselbaai-polisiestasie ondersoek ‘n saak van diefstal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'